Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Aanstelling van nuwe Munisipale Bestuurder vir ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit

Local
Rodrick Titus
Mon, 01 Sep 2025

Aanstelling van nuwe Munisipale Bestuurder vir ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit

Die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit het die aanstelling van Samantha Aumaureen Tatas-Titus as die nuwe Munisipale Bestuurder, met ingang van vandag 1 September 2025, aan ge kondig.

Die munisipaliteit sê hierdie aanstelling is die gevolg van ’n deeglike werwings- en keuringsproses wat in ooreenstemming met die bepalings van die Munisipale Stelselswet, 2000 (Wet 32 van 2000) en die toepaslike regulasies vir die aanstelling van senior bestuurders in munisipaliteite uitgevoer is.

Die munisipaliteit sê Tatas-Titus beskik oor uitgebreide ondervinding in plaaslike regering, en het voorheen gedien as Munisipale Bestuurder by die NamakhoiHantam en Khai-Ma Plaaslike Munisipaliteite.

Die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit spreek sê hy spreek sy opregte waardering uit teenoor Andre Phete, wat sedert Februarie 2025 as Waarnemende Munisipale Bestuurder gedien het. Die munisipaliteit sê sy toegewyde leierskap en ondersteuning gedurende die oorgangstydperk het ’n sleutelrol gespeel in die behoud van administratiewe stabiliteit en doeltreffende dienslewering.