Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Fatale Busongeluk op N12 naby Britstown word ondersoek

Accident
Rodrick Titus
Thu, 31 Jul 2025

Fatale Busongeluk op N12 naby Britstown word ondersoek

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Britstown sê hulle ondersoek ’n saak van nalatige bestuur ten opsigte van ’n fatale busongeluk wat vroeë oggend op Donderdag, 31 Julie 2025, op die N12 tussen Britstown en Victoria-Wes plaasgevind het.

Volgens voorlopige berigte het die bestuurder van ’n bus beheer oor die voertuig verloor, wat daarna by ’n brug omgeslaan het. Die bus het volgens die polisie 42 passasiers aan boord gehad.

Die polisie sê in 'n verklaring vier passasiers twee volwasse mans en twee vroue het hulle lewe in die ongelik verloor, agt passasiers het ernstige beserings opgedoen, insluitend een volwasse man, ses volwasse vroue en ’n vroulike baba. ’n Verdere 30 passasiers het volgens die polisie ligte beserings opgedoen.