Kolonel Koot Visser Tree Af Na 39 Jaar Diens
Die ZF Mgcawu SAPD distrikskommissaris, Majoor-generaal Monica Sebili, het dank uitgespreek teenoor Kolonel Visser en sy familie vir hul opofferings en diens aan die gemeenskap.
Die polisie sê Kolonel Koot Visser is deur SAPD-lede in die ZFM-distrik geëer tydens sy aftrede na 39 jaar diens. Hy het veral in die speurwerk-omgewing gedien en ’n nalatenskap van toewyding en lojaliteit agtergelaat.
Kollegas en leiers, insluitend Armando Damarah van die Nasionale Vervolging Gesag en die ZFM CPF-voorsitter Clement Baai, het hul waardering uitgespreek.
Die Adjunkprovinsiale Kommissaris, Majoor-generaal Luntu Ngubelanga, het namens die Provinsiale Kommissaris en SAPD-bestuur die bydrae van Kolonel Visser erken en hom voorspoed toegewens vir sy volgende lewenshoofstuk.