Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Verdoemde Verslag Deur Ombud

Health
Rodrick Titus
Thu, 31 Jul 2025

Verdoemde Verslag Deur Ombud

Die Gesondheidsombud, Professor Taole Mokoena, het ’n verdoemende verslag vrygestel oor die Noord-Kaapse Geestesgesondheids Hospitaal en Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal na die dood van twee psigiatriese pasiënte en die kritieke toestand van ’n ander. Volgens die verslag kon die sterftes voorkom gewees het met behoorlike kliniese sorg.

Die verslag lig verder uit dat die Noord-Kaapse geestesgesondheids hospitaal swak bestuur het, personeeltekorte, vervalle infrastruktuur, en onvoldoende noodvoorbereiding. Die verslag toon ook dat die Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal ook ’n kritieke personeeltekort, swak verpleegtoesig, kommunikasieprobleme en oorbevolking by die noodgevalsentrum ervaar.

Minister van Gesondheid, Dr Aaron Motsoaledi, het verlede jaar ’n ondersoek na die voorvalle gelas. Die Ombud beveel ’n hersiening van voorsieningskettingstelsels, dissiplinêre optrede, personeelopleiding en ’n algehele verbetering van die fasiliteite aan.