Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Noord-Kaapse Departement van Gesondheid bevestig ontvangs van ondersoekverslag oor voorvalle by geestesgesondheidshospitale

Health
Rodrick Titus
Wed, 30 Jul 2025

Noord-Kaapse Departement van Gesondheid bevestig ontvangs van ondersoekverslag oor voorvalle by geestesgesondheidshospitale

Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid bevestig die ontvangs van die omvattende ondersoekverslag van die Kantoor van die Gesondheids Ombudsman oor voorvalle by die Noord-Kaapse Geestesgesondheids Hospitaal en die Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal.

Die Departement sê hy verwelkom die deeglike ondersoek wat deur Professor Taole Mokoena en sy span gedoen is, na aanleiding van kommer wat in Oktober 2024 deur die Eerwaarde Minister van Gesondheid, Dr. Aaron Motsoaledi, uitgespreek is.

Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid ê hy neem die bevindinge baie ernstig op en is daartoe verbind om die hoogste standaarde van pasiëntesorg en veiligheid in al sy gesondheidsfasiliteite te handhaaf. ’N omvattende studie van die Gesondheids Ombudsman se bevindinge en aanbevelings sal gedoen word, met die volgende fokus: Deeglike bestudering van die verslag se bevindinge en aanbevelings Ontwikkeling van ’n implementeringsplan Versekerde deursigtigheid en aanspreeklikheid tydens die proses Prioritisering van pasiëntveiligheid en kwaliteit van sorg in alle fasiliteite.

Die Departement erken die belangrikheid van geestesgesondheidsdienste en die kwesbaarheid van psigiatriese pasiënte, en is daartoe verbind om nodige verbeterings aan te bring om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

Die Departement betuig sy meegevoel aan die families wat deur die tragiese voorvalle geraak is en bevestig sy verbintenis om veilige en kwaliteit gesondheidsorg aan alle inwoners van die Noord-Kaap te verskaf.