Raadslede hou beleidwerkswinkel by Ga-Segonyana Munisipaliteit
Die Gasegonyana munisipaliteit sê op 29 Julie 2025 het die Bestuurder van Arbeidsverhoudinge, Obakeng Lencoe, ’n beleidwerkswinkel vir raadslede by die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se raadsaal gelei.
Die munisipaliteit sê gedurende die werksessie is verskeie beleide hersien, insluitend die Risiko-bestuursbeleid, Bedrog- en Korrupsiebeleid, Etiekbeleid, asook die Staande Reëls van Orde.
Volgens die munisipaliteit is daar ook konsepbeleide vir raadslede se kapasiteitsbou, ’n staande komitee-handves en individuele prestasie bespreek.
Die munisipaliteit sê by die werkswinkel was Speaker Keamogetse Madikiza, raadslede, bestuurders en ander amptenare van Ga-Segonyana betrokke. Hierdie inisiatief is volgens die munisipaliteit ’n belangrike stap om goeie bestuur en deursigtigheid binne die munisipaliteit te versterk.