Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Padverkeer Op R31: Pendelaars Gestrand Naby Koopmansfontein

Protest
Rodrick Titus
Wed, 30 Jul 2025

Padverkeer Op R31: Pendelaars Gestrand Naby Koopmansfontein

Die verkeer op die R31-pad naby Koopmansfontein is na bewering tot stilstand gebring toe ’n padversperring ontstaan het net ná die brug.

Inligting dui darop dat ’n groep mense, vermoedelik inwoners van Koopmansfontein, bande aan die brand gesteek het en protesliedere gesing het. Die motief agter die betoging is nog onbekend en owerhede monitor die situasie.

Pendelaars is versoek om alternatiewe roetes te gebruik totdat die pad weer veilig oopgestel is.