Loading...

NewsDesk

NewsDesk

OORHANDIGINGS seremonie VIR SANITASIEPROJEK

Community
Rodrick Titus
Wed, 30 Jul 2025

OORHANDIGINGS seremonie VIR SANITASIEPROJEK

Die Joe Morolong Plaaslike Munisipaliteit sê hulle het ’n suksesvolle oorhandigingsvergadering gehou vir die sanitasieprojek in Gamorona Village, Wyk 8. Die munisipaliteit sê dit is ’n belangrike stap in die verbetering van lewensgehalte vir gemeenskapslede deur die voorsiening van waardige sanitasie-infrastruktuur.

Tydens die oorhandigingsvergadering is die gemeenskap formeel voorgestel aan die kontrakteur wat aangestel is om 84 puttoilette te bou.

Die projek is geskeduleer om op 19 Augustus 2025 te begin en sal nie net sanitasiedienste verbeter nie, maar ook bydra tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die dorp deur tydelike werksgeleenthede te skep.

Die oorhandigingsvergadering is bygewoon deur Burgemeester Raadslid DD Leutlwetse-Tshabalala, Uitvoerende Komiteelid Raadslid Naomi Mokweni, Wyksraadslid Raadslid Manzana, lede van die Tradisionele Raad, konsultante, kontrakteurs en munisipale amptenare.