Burgemeester Veroordeel Aanval Op Munisipale Gebou
Die Uitvoerende Burgemeester van die Dawid Kruiper Munisipaliteit, David Kazi, het die gewelddadige voorval wat Dinsdag oggend plaasgevind het by die munisipale hoofkantoor in Upington, ten sterkste veroordeel. Die voorval het tot grootskaalse skade aan die vooringang van die gebou gelei, waaronder gebreekte glasdeure, en n beskadigde voertuigs en ontwrigting van dienste.
Kazi het beklemtoon dat daar verskeie vreedsame en wettige maniere is om griewe aan te spreek.
Hy het verder bevestig dat die munisipaliteit toegewyd is daaraan om alle inwoners by te staan en dienslewering te verbeter, maar dit moet binne die raamwerk van bestaande wetgewing en beleid geskied.
Die polisie ondersoek tans die voorval en beskuldigdes kan moontlik aangekla word van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.