ICROP Vergadering in Lutzburg
Gister op 03 Julie 2025, het verkeie staats departemente die Lutzburg gemeenskap in die Kai Garib Munisipale gebied besoek tervoorbereiding van hul 18 Julie 2025 geintegreerde gemeekskaps registrasie uitreik program. Die Regering en Inligting Stelsel in die ZF Mgcawu streek sê, die program was afgeskop met 'n gemeenskaps vergadering om eerstehands by die gemeenskap te hoor watter dienste en staats rolspelers hulle verwag op die 18de Julie 2025.
SASSA sê die program is een van hulle vlagskip programme om dienste na die gemeenskap te bring. Departmente onder andere die Department Maatskaplike Ontwikkeling, Die kantoor van die Premier en Legal Aid met die bank groep Standard Bank was teenwoordig.
Intussen doen die departmente 'n beroep op die gemeenskap om uit te kom om gebruik te maak van die dienste wat op die dag daar sal wees. Die GCIS het ook die klem daarop gelê dat daar ander staats departemente is wat nog nie op hul uitnodiging reageer het nie maar word ook verwag op die dag van die amptelike program.
Die program sal op 18 Julie by die Lutzburg gemeenskap saal paalsvind.