Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Kakamas Juventus verloor hul openingswedstryd in die ABC Motsepe Liga Play-offs

Sport
Rodrick Titus
Thu, 03 Jul 2025

Kakamas Juventus verloor hul openingswedstryd in die ABC Motsepe Liga Play-offs

Kakamas Juventus het Dinsdag 2-1 verloor teen Thames FC van Noordwes by die Giant Stadium in Soshanguve tydens die openingswedstryd van die ABC Motsepe Liga Nasionale uitdinne.

Inligting dui darop dat die Noord-Kaap-kampioene gesukkel het om samehang in hul spel te vind, terwyl Thames met hul ervaring en samehorigheid die wedstryd beheer het. 

Kakamas het by die pouse drie spelers ingewissel om energie en struktuur in te sit. Hulle moes ook vroeg ’n noodgedwonge vervanging maak weens ’n besering.

Die Noord-Kaapse LUR vir Sport, Kunste en Kultuur, Mangaliso Matika, het die span voor die kompetisie ondersteun en hul vasberadenheid gepraat.

Kakamas Juventus is vasbeslote om hul skuif na die Nasionale Eerste Divisie te bereik en gaan hul volgende wedstryd met nuwe moed aanpak.