Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Wateronderbreking in Calvinia Oos ná skade aan waterpyp

Government
Rodrick Titus
Wed, 02 Jul 2025

Wateronderbreking in Calvinia Oos ná skade aan waterpyp

Die Hantam Munisipaliteit waarsku inwoners van Calvinia Oos dat ’n waterpyp op die hoek van Kerk- en Hofmeyerstraat beskadig is tydens padwerk deur die kontrakteur Roadmac. Die munisipaliteit sê hierdie skade veroorsaak dat sekere gedeeltes van Calvinia Oos tans sonder water is.

Die minisipaliteit sê amptenare is reeds besig met herstelwerk om die pyp so gou moontlik te herstel en die watervoorsiening te herbegin. Inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik totdat die probleem opgelos is.

Die Hantam Munisipaliteit vra omverskoning vir die ongerief en bedank die gemeenskap vir hulle geduld en samewerking.