Afrikaans Vier Vandag Sy 100ste Bestaansjaar As Amptelike Taal
Op 8 Mei 1925 het die destydse Unieparlement ’n wetsontwerp aanvaar wat bepaal het dat die term “Hollands” ook “Afrikaans” insluit, en dat Afrikaans saam met Engels as amptelike taal erken word. Twee ander datums in Mei is egter ook belangrik: 22 Mei, toe die wet onderteken is, en 29 Mei, toe dit in werking getree het.
Die aanvaarding van Afrikaans as amptelike taal was ’n belangrike mylpaal wat dit moontlik gemaak het vir die taal om van ’n gesproke dialek te ontwikkel tot ’n volwaardige wetenskapstaal.
Alana Bailey van AfriForum sê die toekoms van Afrikaans word dikwels deur mense onderskat.
Sound Bite - Bailey AfriForum
Die ware oorsprong van Afrikaans word teruggevoer na ongeveer 1595, toe Nederlandse seevaarders vir die eerste keer kontak gemaak het met die inheemse Khoi-bevolking aan die Weskus van Suid-Afrika.
Die landboukundige en aktivis teen honger, Aaron Ranayeke, het egter met gemengde gevoelens oor Afrikaans gereageer.
Sound Bite - Ranayeke Taal