Kleuterskool en nasorg sentrum ontvang befondsing.
Tydens 'n besoek aan die Wielie Walie Kleuterskool en Nasorgsentrum het die LUR vir Openbare Werke, Bently Vass, en die LUR vir Onderwys, Abraham Vosloo, 'n bedrag van R100 000 beskikbaar gestel om aan die sentrum se onmiddellike behoeftes te voldoen.
Volgens die Departement van Onderwys het die sentrum ’n ryk geskiedenis in die Bergsig-gemeenskap en het dit oor die jare ’n beduidende bydrae gelewer tot vroeëkinderontwikkeling.
Die beskikbaarstelling van die fondse dien, volgens die departement, as ’n belangrike herinnering dat vroeëkinderontwikkeling steeds ’n prioriteit is. Daar word beklemtoon dat die fondse aangewend moet word om ’n stimulerende leer- en speelomgewing vir jong leerders te skep.