Twee verdagtes in hegtenis geneem ná huisroof op kleinhoewe buite Upington
Die Suid Afrikaanse Polisie Diens in Upington sê hulle het twee mans onderskeidelik op Maandag en Dinsdag in hegtenis geneem, in verband met ’n gewelddadige huisroof wat na bewering op Dinsdag 30 April omstreeks 04:00 op ’n kleinhoewe in Leerkrans, naby Upington, plaasgevind het.
'N polisie verslag dui darop dat tydens die voorval ’n 78-jarige bejaarde man met ’n sekel aangerand is nadat twee verdagtes toegang tot sy eiendom verkry het. Hulle het volgens die polisie huishoudelike items en persoonlike besittings van die toneel gesteel voordat hulle gevlug het. Die slagoffer het geringe beserings opgedoen en is medies behandel.
Die Upington-polisie het op Maandag ’n 30-jarige verdagte gearresteer, en op Dinsdag, na die opvolging van inligting, is ’n tweede verdagte, 31 jaar oud, op ’n plaas naby Leerkrans vasgetrek.
’n Groot deel van die gesteelde goedere is reeds deur die polisie teruggevind. Albei verdagtes sal binnekort in die Upington-landdroshof op ’n aanklag van huisroof verskyn.