Boer waarsku om in hof te verskyn ná aanhouding van sewe ongemagtigde buitelanders
’n 27-jarige boer is Dinsdag gewaarsku om in die hof te verskyn op aanklag van die oortreding van immigrasiewette. Hy het die opsie ontvang om ’n skulderkenningsboete van R17 500 te betaal, nadat sewe ongemagtigde buitelanders in sy diens gevind is naby die Ikapa-myn in Kimberley.
In 'n verslag sê die polisie die immigrante is tydens ’n Vala Umgodi-operasie by ’n voertuigkontrolepunt aangekeer. Hulle is in hegtenis geneem en aan immigrasiebeamptes van die Departement van Binnelandse Sake oorhandig om geverifieer en verwerk te word.
Polisie woortvoerder sersant Timothy Sam sê hulle sal formeel aangekla en aan die hof voorgelê word vir moontlike deportasie.
Die polisie beklemtoon die belangrikheid van nakoming van immigrasiewette, aangesien die diensneming of huisvesting van ongemagtigde immigrante as ’n misdryf beskou word.