Loading...

NewsDesk

NewsDesk

DKM Burgermeester Ontmoet Die Mense

Community
Rodrick Titus
Wed, 07 May 2025

DKM Burgermeester Ontmoet Die Mense

Die Uitvoerende Burgemeester van die Dawid Kruiper munisipaliteit, David Kazi, het met die gemeenskap van wyke  2 en10 ontmoet na onlangse protes optrede.

Die munisipaliteit sê die saak is opgelos, wat nou oorbly, is dat die administrasie die area gaan opneem en begin om die mense korrek te plaas.

Die burgemeester het gereël dat die direkteur-generaal die voorlopige werk doen, soos die hantering van metings en onwettige besettings. Hy sê hierdie aksie is deel van 'n groter poging om die kwaliteit van dienslewering in die Dawid Kruiper munisipaliteit te verbeter, wat insluit die optimalisering van grondgebruik, infrastruktuurontwikkeling en die bevordering van regverdigheid en gelykheid in die toewysing van bronne en dienste aan die gemeenskap.

Die munisipaliteit fokus daarop om die lewensgehalte van al sy inwoners te verbeter deur effektiewe bestuur en samewerking met die gemeenskappe.