Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Oproep aan Ouers om Gesprekke oor Dwelmmisbruik met Hul Kinders aan te Moedig

Other
Rodrick Titus
Wed, 07 May 2025

Oproep aan Ouers om Gesprekke oor Dwelmmisbruik met Hul Kinders aan te Moedig

Uitvoerende Direkteur van die Nie-Regeringsorganisasi Boipelo Evolution Brizelda Titus het ouers in die ZFM-streek aangeraai om aktief die gesprek rondom die gevaar van substansie misbruik met hul kinders aan te pak.

Titus het beklemtoon dat daar 'n besorgende toename is in die gebruik van dwelms, veral dagga, deur kinders in die streek. Sy het opgemerk dat baie jong mense 'n wanpersepsie van dagga as onskadelik het, terwyl dit eintlik 'n groot gesondheidsrisiko inhou.

Titus se kommentaar kom na aanleiding van 'n nasionale oproep deur die Minister van Gesondheid, Dr. Aaron Motsoaledi, wat die toename in die gebruik van dagga onder jongmense as 'n ernstige bron van kommer beskryf het. Motsoaledi het gewaarsku dat hierdie tendens 'n direkte bedreiging inhou vir die veiligheid van kinders in Suid-Afrika.

Die Departement van Gesondheid het aangedui dat die toename in dagga gebruik deels die rede is vir die besluit om die verkoop van kanabisprodukte in die land te verbied. Die minister het verder aangekondig dat 'n konsepregulasie gepubliseer is nadat die vorige regulasies onttrek is. Die nuwe regulasies sal die verkoop van kanabis in voedselprodukte streng beheer.