Loading...

NewsDesk

NewsDesk

NUPSAW: Werkers Word Verraai

Community
Rodrick Titus
Wed, 07 May 2025

NUPSAW: Werkers Word Verraai

Die Nasionale Unie van Openbare Diens en Geallieerde Werkers oftewel NUPSAW het ’n sterk verklaring uitgereik waarin hulle werkgewers, sekere vakbondleiers en die regering beskuldig van verraad teenoor gewone werkers.

Volgens NUPSAW word vakbondleiers aangestel in invloedryke poste waar hulle eerder saam met werkgewers werk as om werkers se belange te verdedig. Die unie noem ook dat wetgewing en politieke inmenging gebruik word om vakbonde stil te maak en werkers makliker af te dank.

Hulle waarsku teen uitbuiting van kontrakwerkers, jeugwerkloosheid en seksuele uitbuiting van vroue in ruil vir werkgeleenthede. Die Departement van Arbeid word as "irrelevant" bestempel, en die huidige ekonomiese klimaat laat werkers met min ander keuses as om net te oorleef.

NUPSAW doen ’n beroep op eerbare leierskap en roep werkers op om saam te staan teen onreg.