Grondkwessie stof le nie

Die Vryheids Front Plus se Kobus Van Den Berg se 'n gesamentlike vergadering van die Sol Plaatje munisipaleteit en die menslike nedersettings komitee en spelum vir ruimtelike ontwikkeling in Julie vanjaar waar grond in southridge teen 'n spotgoedkoop prys verkoop is aan die Phomolong 109 groep moet openbaar word. Hy se die hoof stadsbeplaner Ngoako Modiba het aan komitees verklaar dat die transaksies deur 'n munisipale verordening gewettig word maar dat die party sy vertolking betwis. Hy se Phomolong 109 is n groep inwoners wat hulleself as voorheen benadeelde inwoners van Kimberley beskryf en is in 'n ander woonbuurt in die Sol Plaatje munisipaleteit wat aanspraak maak dat die lee erwe in southridge vir tot 60 persent minder aan hulle beskikbaar gestel moet word. Die party het 'n beroep gedoen op die Sol Plaatje munisipaleteit om die waarde van die huidige eiendom te beskerm en te keer dat onvoldoende infrastruktuur southridge se voorland gaan wees......( Insert )

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media