Bloed vir Mandela maand

Die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens in Upington se as deel van hulle Nelson Mandela bloedinsamelings inisiatief gaan hulle kantoor vanaf 9 soggens tot 5 saans oop wees vir skenkers en voornemende skenkers, om bloed te skenk. Hendrika Beukes van die bloeddiens se Saterdag besoek hulle die Kalahari mall van 9 die oggend tot 2uur die middag. Die maand se skenkers tema is "Die nalatenskap lewe voort deur jou" wat Suid Afrikaners daaraan herinner aan die ontslape oud president Nelson Mandela wat die wereld van opregte omgee geleer het. Beukes se die bloeddiens het 'n tekort aan bloedvoorraad om aan die nodige gesondheids instellings te voorsien om lewens te red. Sy se Suid Afrikaanse inwoners veral die in Upington moet die maand in die gees van die ontslape staatsman Nelson Mandela hulle samehorigheid bewys deur bloed in groot getalle te skenk en so 'n lewe te red.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media