Kai garib verdagte weer op Mandela in die hof

Die verdagte in die moordsaak van die 19 jarige vrou van Lennerstville sal weer op Dinsdag 18 Julie vanjaar in die hof verskyn. Die saak is gister in die Keimoes laandroshof uitgestel. Die nie regerings organisasie Give Light het 'n memorandum aan die staat oorhandig uit protes teen geslagsgebaseerde geweld. Portia Van Wyk se die verigtinge was deur gemeenskaps lede ten aanskoue van wetstoepasings agentskappe vreedsaam en het geen ontwrigting tot gevolg gehad nie. Sy se hulle kan nie saamstem met die wyse waarop die departement van justisie met sommige geslagsgebaseerde geweld sake omgaan nie, maar bly hoopvol dat geregtigheid wel vir slagoffers van geweldsmisdaad en hulle gesinne sal geskied. Sy se beter samewerking van die burgerlike samelewing is nodig om die impak van geslagsgebaseerde geweld op slagoffers en hulle gesinne te laat hoor. Van Wyk se die trauma waardeur families van slagoffers gaan is onbeskryflik en berading is deels van wat aangebied word as ondersteuning.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media