Verdagtes gevonnis

Twee van die moordenaars wat lewenslange tronkstraf opgelê is vir die dubbele moord op DA-raadslid Johannes Baatjies en sy sakevennoot Jeffrey Nouse in Danielskuil in 2016, is bykomende vonnisse vir huisbraak asook die onwettige besit van jaggewere en ammunisie opgelê. Die beskuldigdes, Zoniselo Richard Mgawu, Thompson Charlie Mphondomisa en Floyd Chiloane, is verlede week in die Kuruman-landdroshof gevonnis. Die voorval het in November 2015 voor die dubbele moorde op 'n plaas naby Danielskuil plaasgevind. Mgawu en Mphondomisa is elk op 23 Junie tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak met die opset om te steel en diefstal, vyf jaar vir die onwettige besit van ammunisie en 10 jaar vir die onwettige besit van vuurwapens. Hulle is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit. Chiloane, 'n ingenieur, is gevonnis tot R100 000 of twee jaar gevangenisstraf vir die diefstal van vuurwapens en ammunisie, R100 000 of twee jaar gevangenisstraf vir die onwettige besit van ammunisie en R400 000 of ses jaar gevangenisstraf vir die onwettige besit van vuurwapens. Hy is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media