Verkeersbeampte skuldig gevind

'N verkeersbeampte van die Emthanjeni munisipaleteit in De Aar is daaraan skuldig gevind dat sy bedrog gepleeg het deur 'n rybewys uit te reik sonder dat die aansoeker die nodige toetse daarvoor afgele het. Die 47 jarige Elmarie Makemane is deur die Valke inhegtenis geneem en na die ondersoek in die landroshof skuldig gevind. Woortvoerder vir die Valke in die Noord Kaap Luitenant Kolonel Tebogo Thebe se die beskuldigde het haar pos as verkeersbeampte en eksaminator misbruik toe die lisensie ook sonder 'n mede kolega se toesteming vir die gebruik van die betrokke persoon se inligting plaasgevind het. Sy gaan 'n boete van 12 duisend rand moet betaal en is twee jaar gevangenisstraf opgele opgeskort vir vier jaar.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media