Die Suid-Afrikaanse Polisiediens begin sy drie dae lange “gesprekke” met jong mans om kwessies van misdade wat deur daardie ouderdomsgroep voortgesit word, aan te pak.Die gesprek met die tema “op ’n reis na ’n veiliger Suid-Afrika deur jeugdeelname aan misdaadvoorkoming het vandag in Mangaung begin en gaan landswyd uitgerol word. In die Kai Garib municipale regsgebied het die polisie se Itumeleng Mahura aangevoer dat die gesprek met jong mans veral belangrik is in die stryd teen die sinnelose geweld teen vroue en kinders. Die nie regerings organisasie Give Light se Portia Van Wyk se hulle verwelkom die inisiatief en het self met hulle jeug ambasadeurs gesprek begin in 'n poging om jong mans se denkwese heens vroue te veander in 'n beskerming. Sy se die gemeenskap van Lennertsville is verwoes na nog 'n moord in die omgewing wat steeds deur die polisie ondersoek word en vra dat enige iemand met inligting na vore sal kom. Die polisie het intussen beloof dat die stryd teen geslagsgebaseerde geweld nie gaan stop tot dat dit met wortel en tak uitgeroei is nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za