Weer

Die onafhanklike landbouweerkundige Johan Van Der Berg waarsku teen uitermatige koue en nat winderige toestande wat kan voorkom in groot dele van Suid Afrika namate die week vorder. Neerslae van tussen 20 en 100 milimeter het die afgelope naweek in groot dele van die land wat strek van Gauteng tot in die Noord-kaap Provinsie voorgekom, met korttermyn voorspellings wat daarop dui dat reen van vandag 18 Mei tot 25 Mei vanjaar oor die oostelike, sentrale en suidoostelike dele van die land kan voorkom. Neerslae van 20 milimeter en meer word vir die Noord-kaap, Gauteng, Mpumalanga en die Vrystaat voorspel met 'n waarskuwing vir kleinvee boere om beskitting vir hulle diere te verseker. Wat temperatuur daling betref se Van Den Berg dat in die Noord-kaap en Vrystaat asook die suide van Kwazulu- Natal en Mpumalanga sal baie koue en nat toestande ervaar word. In Upington is dit vandag 'n koue 19 grade, gevolg deur 22 in Kimberley, 18 aan die kus by Alexanderbaai en slegs 15 grade in Sutherland vandag.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media