Verkragter gesoek

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens in Postmansburg ondersoek 'n verkragting saak nadat 'n 26 jarige vrou na bewering op Donderdag 13 April 2023 verkrag is. Volgens die polisie dui voorloppige ondersoek daarna dat die verdagte die slaagofer met 'n mes gedreig en 'n sigaret gedwing het. Die slaagoffer het uit vrees die verdagte geld aangebied waarna die verdagte die slagoffer in die bosse gedwing en verkrag het. Die polisie se Sersant Timothy Sam vra enige persoon met inligting wat kan lei tot die arestasie van die verdagte in hierdie saak, moet die Suid Afrikaanse polisie kontak. Ondersoek in die saak duur voort. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media