Terwyl inwoners binne die zfmgcawu streek gevra word om tydens beurtkrag seker te maak dat alle kragpunte afgeskakel is en as kragdraend beskou moet word om veral Brande wat tot lewensverliese en eiendomsverliese af te weer Gaan beurtkrag steeds voort. Die minister van Elektrisiteit kgosientso ramakgopa se Hy kyk nou na lande Soos China,duitsland en selfs Vietnam om te help om die voortslepende beurtkrag probleem waarin suid Afrika gedompel is aan te spreek. Die minister het sondag gese die samewerking sal die verkryging van tegniese kundigheid asook die opleiding van jongmense met betreking tot sonkraginstalisasie en die bekendstelling van mikro netwerke en die verkryging van nood Energie insluit. Die noordkaapse premier Dokter zamani Saul het vanuit die hantam vroeer tydens die lewering van die provinisiale rede gese die jeug van die noordkaap wat een van die grootste rolspellers in die sonkrag aangedrewe Energie in suid afrika is moet hulle dus so posisioneer om by die bemagtigings inisiatiewe te baat. Die minister se aankondiging Volg na Saul se rede waarin die belangrikheid van die rol van die noordkaap provinisie herbeklemtoon is. Minister ramakgopa se onderbrekings kan vererger namate die vraag na elektrisiteit in die winter toeneem daarom die belangrikheid om daadwerklike oplossings vir die beurtkrag probleem onmiddelik te kry en TE implimenteer.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za