Menseregte dag vanuit de aar

President Cyril Ramaphosa sê die regering wil verseker dat munisipale amptenare wat by korrupsie betrek word, in hegtenis geneem word. Ramaphosa het in De Aar in die Noord-Kaap gepraat, by die regering se amptelike Menseregtedag-verrigtinge. Volgens Ramaphosa doen die regering stappe om die kapasiteit van staatsverteenwoordigers te verbeter, terwyl meer hulpbronne beskikbaar gestel word vir instandhouding en opknapping van plaaslike infrastruktuur. Hy het egter te kenne gegee dat die regering bewus is van korrupsie in munisipale strukture, en sê oortreders sal vir hulle dade boet. Hy se elke suid Afrikaanse inwoner het ingevolge die grondwet regte wat voor deur diegene Wie in die apartheid baklei het daarvoor verseker is. Ramaposha se de aar is die sentrale punt van suid Afrika vanwaar die Jaar se viering as deel van die regering se rotasie plan aangebied was. Hy het ekonomiese ontwikkeling asook infrastruktuur en die oprig van huise insluitend die herstel van paaie in die noordkaap uitgelig.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media