Die padongelukfonds se gesondheids program

Die POF (padongelukkefonds) het maandag 6 Maart begin om sy mobiele bus- en bestuurderwelstandsprogram na groot roetes en taxistaanplekke in en om Upington, Kathu en Kuruman te neem . Die doel van hierdie program is om 'n poging aan te wend om ongelukke wat veroorsaak word deur bestuurdersmoegheid en ander gesondheidsverwante sake te verminder. Hierdie inisiatief het uitgespruit uit statistieke wat toon dat kommersiële vragmotorbestuurders, taxi's en busse 'n groter risiko inhou en geneig is tot massaongelukke wat 'n aanspreeklikheid vir POF is. Die fokus van hierdie program is dus op langafstand-vragmotorbestuurders sowel as diegene met 'n groot aantal pendelaars insluitend taxi's en busse. By elke stop sal die bus gratis gesondheidsondersoeke doen wat onder andere hoë bloeddruk, diabetes, sig insluit. Hierdie mobiele kliniek sal ook 'n resepterende verpleegster en 'n oogkundige hê om 'n bestuursbril op die plek voor te skryf sonder enige koste vir die begunstigdes. Die bus gaan vandag vanaf 09:00 tot 16:00 by die khatu taxi rank wees en beweeg môre Na Kuruman tot en met vrydag 10 Maart waneer die program in Kuruman by die Kuruman N12 af gesluit sal word.

Journalist: Mbali Masiza
Email: mbalimasiza198@gmail.com

Social Media