Partye reg vir 29 Mei

Politieke partye het die aankondiging van die verkiesingsdatum deur President cyril ramaposha verwelkom. Ramaphosa het gisteraand aangekondig dat Suid-Afrkaners op die 29ste Mei vanjaar na die stembus sal gaan. Intussen het die ANC na president Cyril Ramaphosa se aankondiging van die datum ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul stem te laat tel. Die party sê hy staal hom vir die stryd by die stembus wat dié naweek in alle erns sal begin, wanneer die ANC sy verkiesingsmanifes in Durban sal bekendstel. Die DA het sê hulle is gereed om kiesers op ‘n pad van vordering en aanspreeklikheid te plaas, terwyl die Vryheidsfront Plus kiesers gevra het om seker te maak dat hulle op 29 Mei kan stem by die punt waar hulle geregistreer is. Action SA sê hy gaan ‘n positiewe veldtog voer, wat die begin sal wees van ‘n nuwe politieke bedeling in die land. Die EFF sê op sy beurt die party sal seker maak dat kiesers beskerm word en die party maak gereed vir ‘n regering van ekonomiese vryheid.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media