Vakbonde betoog by begroting

Die vakbonde Cosatu en SAFTU, sal vandag in ie moederstad Kaapstad betoog in aanloop van die Minister van Finansies, Enoch Godongwana se begrotingsrede later vandag . Die vakbonde eis dat begrotings nie gesny word nie en is gekant teen die privatisering van staatsbeheerde ondernemings. Hulle eis ook dat die spoornetwerk in die Wes-Kaap gefinansier en herbou word. SAFTU en sy geaffilieerde vakbonde gaan ‘n optog na die stadsaal hou om te eis dat begrotings nie verminder word nie. Die politieke party, Rise Mzansi, is ook van plan om voor die begrotinsgtoespraak te betoog om onder meer belastingverligting vir enkelouers te eis.Intussen se Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthews Parks, dat die vakbond verwag dat die finale syfers oor werkverliese in die vierde kwartaal van verlede jaar nog verder kan styg. Parks het gereageer op Statistieke Suid-Afrika se opname oor die werksmag wat toon dat werkloosheid tot 32-komma-een persent gestyg het. Hy sê die twee-komma-twee-persent toename kon erger gewees het gegewe die vlakke van chaos en die krisis by Transnet. Hy sê ‘n aantal mynhuise oorweeg ook nog afdankings

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media