Die OVK het in 'n verklaring sy dank
uitgespreek teenoor die departement van binnelandse sake wat die ekstra myl
gestap het, nadat nagenoeg 300 van die departement se kantore die afgelope
naweek oop was sodat die uitreiking van nodige dokumente vir
registrasiedoeleindes kon geskied wat ook die Upington-kantoor insluit. Die
kommissie het verklaar dat slegs vir Saterdag, 18 November 2023, meer as 26 000
aanlyn kieserregistrasietransaksies op die registrasieportaal aangeteken is,
wat volgens die kommissie die hoogste registrasieaktiwiteit is wat nog ooit op
'n enkele dag aangeteken is. Die ZF Mgcawu-distrik maak die totale getal van
326 000 kiesers uit wat hul stemlokale besoek het en hul aansoeke in die eerste
ure van dag een met behulp van die Kiesersbestuurstoestel (VMD) verwerk is.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com