Eise teen gesondheid kommerwekkend

Die gesondheidsektor anti korupsie forum sê hulle bekommerd oor die toename in bedrieglike mediese regseise en georganiseerde misdaad. 'N vergadering is in die verband bele terwyl die spesiale ondersoek eenheid deur president Cyril Ramaphosa gemagtig is om die aantygings van korupsie en bedrog asook wanadministrasie binne beide die nasionale en provinsiale departmente van gesondheid te ondersoek. Nagenoeg 140 mediese regsake is in die Noordkaap geidentifiseer met minstens 42 wat deur drie regsfirmas ondersoek word. Nalatige mediese eise in die provinsie beloop 2 koma 1 Miljard rand ondanks die laagste bevolkingssyfer wat in die Noordkaap aangeteken word. Die LUR vir gesondheid Maruping Lekwene het in Junie vanjaar gese litigasie vir mediese nalatigheid striem dienslewering in die provinsie met 93 aktiewe regsake waarvan die meeste geboorte beserings is wat tot serebraal gestremdheid lei.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media