Vloedwaarskuwing intensief

Die departement van Water en Sanitasie se jongste voorspellings vir die watervloei in die benede oranje rivier dui daarop dat die rivier vrydag sy piek op 4 duisend 300 kubieke meter per sekonde by prieska sal bereik. Die voorsitter van die Oranje Rivier Landbou Unie Wilco Fourie se die verwagting is laer as die 4 duisend 500 kubiek meter per sekonde wat Maandag voorspel is. Hy se die 2011 vloede het by Prieska 4 duisend 723 kubieke meter per sekonde in Januarie die Jaar en in Februarie dieselfde Jaar 4 duisend 401 kubieke meter per sekonde aangemeld. Hy se dit duur minstens een dag vir die water om Upington te bereik. Die departement van Water en Sanitasie se woordvoerder Wisane Mavasa se hulle sal genoodsaak wees om nog sluise oop te maak in die vaal wat reeds meer as 117 persent van sy kapasiteit bereik het met nog water wat inloop weens die voortslepende reen. Sy se inwoners in die benede oranje moet ontruim waar moontlik omdat die water reeds begin het om walle te oorstroom en nog groot volumes water oppad is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media