da vra vir beter beskerming van kunstenaars

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap se hulle het verlede week die party se teenkanting teen die Wysigingswetsontwerpe op die Beskerming van Uitvoerende Kunstenaars en Outeursreg aangeteken. Voolgens die DA het die portefeuljekomitee oor Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling & Toerisme vergader om te besluit of die Noord-Kaapse afgevaardigde aan die Nasionale Raad van Provinsies ‘n mandaat gegee gaan word om hierdie wysigingswetsontwerpe te ondersteun. Die DA se hy het sy teenkanting sterk uitgespreek en glo dat kunstenaars, akteurs, aktrises, en skeppers geregtig is op sterker beskerming, soos wat die internasionale standaarde voorskryf. Die DA se dit is veral belangrik vir ‘n provinsie met die kultuurskatte van die Noord-Kaap, wat die unieke Nama- en Santale insluit.Hierdie twee wysigingswetsontwerpe slaag egter nie in hierdie doel nie.  

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media