Meer as 150 vroue in JTG kom byeen vir die Nasionale Vroue byeenkoms.

Sleutel kwessies wat geleenthede deur vroue kan ontsluit deur entrepreneurskap in Suid Afrika is identifiseer deur die Global Entreneurship Monitor wat insluit: fokus op die ondersteuning van hoë groei vroue entrepreneurs met die potensiaal om te innoveer, werk te skep en oplossings aan hul markte te lewer, beleids beperkings saam met ondersteunings programme vir vroue entrepreneurs aan te spreek, vroue sake eienaars in sektore wat deur mans oorheers word te ondersteun, en meer vroulike beleggers aan te moedig, en vroue in die algemeen te ondersteun in finansiering. Die bogenoemde kwessies kom onder die vergrootglas tydens die tweedaagse Nasionale Sake Vroue byeenkoms  wat vandag begin tot more wat deur SEDA  in vennootskap met  Assmang Khumani Iron Ore Myn van stapel gestuur word. Meer as 150 vroue regoor die John  Taolo Gaetsewe distrik is te wagte om die beenkoms by te woon wat by die Kuruman lodge plaasvind. Die byeenkoms het alreeds vanogend agt uur begin.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media